Anton Botha

Bio

Anton Botha het soveel gegroei as kunstenaar sedert hy in 2005 die musiek wêreld vir die eerste keer betree het en in 2020 gaan sy loopbaan net nuwe hoogtes bereik.

Wat hou die jaar alles in?

Die lekkerste partytjies om die dekade reg af te skop met optredes wat reeds reg oor die land bevestig is. Van gereelde kuierplekke, ’n paar feeste tot die mees asemrowende sitkamer vertonings in jou eie voorhuis. Dit waarna ons die meeste uitsien is ’n spik, splinternuwe album uit Anton se pen en ook ou (en nuwe) gunstelinge wat julle alreeds lekker saamsing en op die radio hoor!

Hoogtepunte in 2019

Ons het onlangs besluit om die korporatiewe vermaak arena te betree en in 2019 was ons gelukkig genoeg om ’n hele aantal unieke produksies te kon saamstel om by elke maatskappy se identiteit aan te pas. Elke optrede was verpersoonlik vir die unieke behoefte(s) van die betrokke funksie en kliënt.

Ons is baie trots om ons span te kon uitbrei na dansers, Ekstra orkes lede en ook aanvullende sangers en ander vermaakpersoonlikhede.
Die produksiespan is trots om die dienste van BluEyesRecords te gebruik wat verseker dat die musiekproduksie van hoogstaande gehalte is. Ons vat ook hande met 360VisionEvents om seker te maak dat die aand soomloos verloop. In sy laerskool dae het hy alreeds saam met groot name soos Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Randall Wicomb opgetree.

In 2003 is Anton aangewys as een van die tien ATKV Crescendo finaliste. In 2008 word hy genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse Pop Album vir Jakaranda en in dieselfde jaar word hy vereer met ‘n goue plaat vir sy bydrae tot die albums Country Kersfees en Country Konings 1, wat albei onderskeidelik meer as 20 000 eenhede verkoop het. Anton is in 2016 benoem as ‘n kandidaat in die kategorie vir beste Rock-album tydens die jaarlikse Ghoema-toekennings.

As ‘n baie gewilde liedjieskrywer is sy musiek al deur verskeie van ons land se bekendste musieksterre opgeneem. Hy het onder andere vir Juanita du Plessis, Karen Ferreira, Thys die Bosveldklong, Wynand Strydom, Karlien Husselman en Izak Davel geskryf.

Toere saam met die gewilde Robbie Wessels, Wynand Strydom en Thys die Bosveldklong het gemaak dat Anton gou in die publiek se harte ingekruip met sy see-blou oë.

Resensies van Anton se musiek is al gepubliseer in tydskrifte soos Vrouekeur, Rapport, Rapport Tydskrif en nog vele meer en hy is ook al te sien op televisie programme soos Jukebox, Kwela en DKNT2 op KykNET. Anton se musiek kan gehoor word op talle radiostasies en hy het ook al verskeie top tien plekke behaal op treffersparades. “Daar is so baie nuwe genres in die plaaslike musiekmark en elke nou en dan is daar ‘n nuwe kunstenaar soos Anton Botha wat my werklik met sy musiek beïndruk.” (Kurt Darren, Rapport Tydskrif, Bl 20, 26 November 2006). Anton spog ook met ‘n arsenaal musiek videos wat op Youtube beskikbaar is en...

ZACenturion, South Africa
In operation since: 
2008

Contact

Lizel Botha

Followers (3)

Advert
Apply for showcases